• Veiligheid

    Veiligheid

Die oord beskik oor een hoofingang met ‘n ingang- en uitgangshek vir maksimum kontrole.  ‘n Sekuriteitskomitee sien om na die veiligheid van inwoners en besoekers en om hierdie rede word streng toegangsbeheer by die hek toegepas.  Goeie beligting, patrolering, moniteringskameras en ‘n elektriese heining bo-op die betongrensmuur dra ook by tot die hoë standaard van veiligheid van die oord en vir die inwoners se gemoedsrus. Elke eenheid is in besit van ‘n paniekknoppie wat in noodgevalle verseker dat hulp spoedig opdaag ongeag of dit ‘n mediese probleem is, of instandhouding.

Wagte

Wagte

Wagte is 24 uur aan diens en doen bedags en snags patrollies binne en buite om die kompleks. 'n Gekoppelde gewapende eenheid is in die nabye omgewing en van die sekuriteitskomiteelede is in radioverbinding met die Gemeenskappolisieforum. Enige potensiële bedreiging in die groter omgewing word onmiddellik deur die Gemeenskapspolisie gerapporteer.

TV Monitering

TV Monitering

Verskeie kameras is op strategiese plekke geïnstalleer en opnames word 24 uur gedoen. Die wagte kan 24 uur beweging wat deur die kamera’s opgetel word, op die skerm in hulle kantoor waarneem en onmiddellik op enige verdagte situasies reageer.

Toegangsbeheer

Toegangsbeheer

Bedags word toegang beheer deur valhekke en snags word groot staalskuifhekke toegemaak en slegs deur die wagte beheer. Inwoners kan bedags met toegangskyfies die een valhek beheer, maar alle besoekers se toegang word deur die wagte gekontroleer. Volledige inligting moet deur besoekers verskaf word van die persone wie besoek word en die inwoner of kantoor word gekontak en moet toegang magtig.

Sekuriteit

Sekuriteit

Spreiligte verseker sigbaarheid en is op strategiese plekke aangebring , ook sodat daar beligting is vir die wagte se nagpatrollies. Die wagte rapporteer indien inwoners hulle veiligheid op enige wyse in gevaar stel, byvoorbeeld oop huis of voertuigdeure. Ongemerkte voertuie patrolleer op ongereelde tye binne die landgoed en rapporteer enige potensiële probleme. Die Sekuriteitskomitee vergader gereeld en ondersoek voortdurend moontlike verbetering van die stelsels. Kontrakteurs verseker die instandhouding van die elektriese heining.

 

 


Met ons laaste enetjie uit die nes, is ons so opgewonde oor ons skuif na Panorama Landgoed.

Suid Afrika se voorste volwasse residensiële landgoed van internasionale gehalte.

VRYWARING  |  TERME & VOORWAARDES |  KOPIEREG