• Fasiliteite

    Fasiliteite

Die oord beskik oor verskeie fasiliteite om in die behoeftes van die inwoners te voorsien:

Administratiewe Kantoor

Administratiewe Kantoor

Die kantoorpersoneel stuur- en ontvang fakse en e-posse, maak fotostate en beëdig dokumentasie vir inwoners. Die kantoor is ook die hartkamer van die oord se finansies en verseker dat die maandelikse heffings betyds ingesamel word en die oord se boeke balanseer. Die kantoorpersoneel verwys inwoners wat ‘n oor soek om te luister en/of emosionele ondersteuning benodig na die Welwillendheidskomitee waar persone wat omgee na die inwoner kan luister en ondersteuning bied. ‘n Maandelikse nuusbrief lig inwoners in van alle aktiwiteite en gebeure van belang.

Restaurant

Restaurant

“Die Protea” is die oord se restaurant. Dit maak dit vir die oord moontlik om aansitmaaltye daar aan te bied en privaat funksies, byeenkomste, opvoerings ensovoorts daar te hou. Die restaurant is oop vanaf 08:00 tot 17:00 Maandae tot Vrydae en Sondae tussen 12:00 en 14:00 vir middagete. Die restaurant voorsien gebalanseerde maaltye aan inwoners volgens ‘n vaste spyskaart, terwyl ‘n A la Carte spyskaart ook beskikbaar is. Die restaurant beskik oor ‘n gerieflikheidswinkel waar inwoners noodsaaklike items soos brood, melk en ‘n beperkte verskeidenheid kruideniersware kan koop. .

Kliniek

Kliniek

Die oord beskik oor ‘n kliniek en ‘n verpleegster. Die kliniek bied die volgende dienste aan: die neem van bloeddruk, suiker- en urinetoetse. Die verpleegster besoek inwoners wat na ‘n operasie aansterk of enige spesiale aandag benodig. Die verpleegster werk saam met geneeshere om so spoedig moontlik die herstel van inwoners van die Huise, Duette en Minuette te verseker. ‘n Dokter besoek die oord weekliks en konsulteer pasiente en voorsien herhalings van voorkrifte.

Tuin- en huisskoonmaakdienste

Tuin- en huisskoonmaakdienste

Die oord se pragtige tuine, van die eenhede en gemeenskaplike tuine, word deur ‘n kontrakteur instand gehou en elke eenheid kry een keer per week ‘n tuinwerker. Skoonmakers in diens van die landgoed werk weekliks in die eenhede en is beskikbaar om huishoudelike take te verrig wat die inwoner verkies.

Biblioteek

Biblioteek

Die oord beskik oor ‘n goed-toegeruste en goed-georganiseerde biblioteek wat voorsiening maak vir elke moontlike voorkeur. Dit dien ook as ‘n gesellige bymekaarkom- en kletsplek. Inwoners wat by die oord se verteenwoordiger op die Beeld en/of Rapport ingeteken het se koerante word by hul wooneenhede afgelewer

Sosiale Aktiwiteite

Sosiale Aktiwiteite

Aktiwiteite soos funksies, byeenkomste, opvoerings, koorsang, uitstappies ensovoorts word aangebied. Maandagaande word Bingo gespeel en heerlik gekuier en ‘n groepie gaan speel elke week Kegelbal.

Ontspanningsentrum / Gemeenskapsentrum

Ontspanningsentrum / Gemeenskapsentrum

Die sentrum beskik oor ‘n gimnasium waar inwoners selfs pilatesklasse kan bywoon, ‘n verhitte binnenshuise swembad waar inwoners selfs “wateraerobics” kan doen , ‘n haarkappery, ‘n taphuis, ‘n snoekerkamer, ‘n buitebraai-area, ‘n veeldoelige saal vir funksies en kerkdienste, ‘n kleiner saal (die “Terrace”) vir kleiner onthale, familiebyeenkomste of verjaardagpartytjies. Vir groter geleenthede en konserte kan die Protea met sy grootter ruimte en verhoog gebruik word.

Ontspanningsgeriewe

Ontspanningsgeriewe

Inwoners word aktief besig gehou en kan by ‘n braai-area en park ontspan of tennis, putt-putt of jukskei speel. Die mooi tuine en hellings op die oord bied genotvolle uitdagings aan die stappers. Daar is verskeie gemerkte staproetes binne die oord, maar vir die meer avontuurlike persoon is daar verskeie staproetes buite die oord wat deur die Krugersdorpse Stapklub gereël word. Sosiale geleenthede soos bring-en-braai, fliekaande en uitstappies word weer deur die Sosiale Komitee gereël. Fliekaande word twee keer per maand gehou en bring-en-braai een keer per maand. Die boekklub kom een keer per maand bymekaar en verskeie ander sosiale aktiwiteite soos die môremark ( “lentefees”) word gereël. Daguitstappies na interessante plekke word van tyd tot tyd gereël en is baie gewild by die inwoners. ‘n Tuineklub kom maandeliks bymekaar waar huis- en tuinverfraaiing bespreek word.

Wassery

Wassery

Die oord beskik oor sy eie wassery. Die wassery bied was-, droog- en strykdienste aan teen besonder goeie tariewe. Waar inwoners dit verlang word wasgoed by wooneenhede opgelaai en weer afgelewer.

Vervoer na Winkelsentrums

Vervoer na Winkelsentrums

Die oord beskik oor sy eie bussie. Elke Woensdag word die bussie gebruik om inwoners na groot winkelsentrums in die omgewing te vervoer.

Instandhoudingsdienste

Instandhoudingsdienste

Die oord beskik oor sy eie nutsmanspan. Hierdie span is verantwoordelik vir die instandhouding van die gemeenskaplike geboue en die instandhouding van die buitekant van die wooneenhede. Die span kan ook genader word om huishoudelike instandhouding binne die wooneenhede teen ‘n mededingende koste te doen

Posbusse

Posbusse

Die oord beskik oor sy eie Poskantoorposbusse en inwoners kry dus hul pos op die terrein en kan ook posstukke daar versend

Welwillendheidskomitee

Welwillendheidskomitee

Die welwillendheidskomitee sien om na die geestelike en emosionele behoeftes van die inwoners. Inwoners word aangemoedig om van hierdie fasiliteit gebruik te maak wanneer hulle ‘n oor soek om te luister of om hul hartsake met iemand te bespreek. Gereelde kerkdienste en Bybelstudie geleenthede vind op die terrein plaas


Met ons laaste enetjie uit die nes, is ons so opgewonde oor ons skuif na Panorama Landgoed.

Suid Afrika se voorste volwasse residensiële landgoed van internasionale gehalte.

VRYWARING  |  TERME & VOORWAARDES |  KOPIEREG