• Inleiding

    Inleiding

Welkom by Panorama Landgoed

Knus geleë aan die voet van Noordheuwel in Rangeview, Krugersdorp bied Panorama Landgoed aan sy 530 inwoners ‘n panoramiese uitsig in ‘n rustige omgewing. Hierdie uitsig en rustigheid word vervolmaak deur die pragtige tuine en bome in die oord wat ‘n ryk voëllewe lok – die beroemde witkruisarende van die Walter Sisulu Botaniese tuin is gereelde besoekers in dié omgewing. Die geplaveide paaie in die oord maak dit vir die inwoners maklik en gerieflik om in die oord rond te beweeg.

Op die 22 hektaar oord is daar verskeie tipes wooneenhede en verskeie fasiliteite om aan die inwoners se behoeftes te voldoen.

Tipes Wooneenhede

Tipes Wooneenhede

Die oord beskik oor drie tipes wooneenhede, tewete losstaande huise, skakelhuise (Duette) en wooneenhede wat uit ‘n gemeenskaplike gang uitloop (Minuette). Die losstaande huise beskik kenmerkend oor 2 of 3 slaapkamers, 1 of 2 badkamers met 1 of 2 toesluitmotorhuise. Die skakelhuise (Duette) beskik kenmerkend oor 1 of 2 slaapkamers, 1 of 2 badkamer met 1 toesluitmotorhuis of motorafdak. Die wooneenhede wat uit die gange uitloop (Minuette) beskik kenmerkend oor 1 of 2 slaapkamers, 1 of 2 badkamers, met ‘n toesluit motorhuis. .

Versorgingsuites  (Word deur afsonderlike maatskappy bestuur)

Versorgingsuites (Word deur afsonderlike maatskappy bestuur)

'n "Assisted Living" afdeling ( Herberge ) of versorgingsuites, maak voorsiening vir 100 inwoners en beskik oor kleiner eenmanswoonstelle tot groot luukse eenhede. Daar is 24 uur toesig en inwoners kry 3 maaltye per dag, hulle wasgoed word gewas en eenhede word skoongemaak. Die eenhede word op lewensregbasis verkoop. Die Herberge is geskik vir persone wat nog ‘n groot mate van onafhanklikheid geniet, maar nie langer die verantwoordelikhede van ‘n huishouding, soos aankoop van kruideniersware, voorbereiding van etes en skoonmaak wil hanteer nie. Persone wat in die Herberge woon kan steeds ‘n voertuig besit en bestuur indien hulle verkies.

Versorgingsafdeling (Frail Care) (Word deur afsonderlike maatskappy bestuur)

Versorgingsafdeling (Frail Care) (Word deur afsonderlike maatskappy bestuur)

Die oord beskik oor ‘n Versorgingsafdeling (Frail Care) met 37 beddens. Die afdeling maak voorsiening vir 24-uur professionele versorging vir alle behoeftes van die verswakte persoon. Dit bied ook ‘n versorgingsdiens aan inwoners wat sodanig verswak is na ‘n terugslag of operasie en tydelike versorging benodig hetsy deur opname of tuisverpleging. Die afdeling bied versorging aan persone in alle fases van verswakking, insluitend dimensie.

Ander Geriewe in die Omgewing

Ander Geriewe in die Omgewing

Verskeie hospitale en groot winkelsentrums is binne ‘n 8 tot 15 km radius met verskeie kleiner inkopiesentrums, supermarkte, mediese praktyke en apteke binne ‘n 3 km radius. ‘n Medicross en vulstasie is gerieflik direk oorkant die pad.


Met ons laaste enetjie uit die nes, is ons so opgewonde oor ons skuif na Panorama Landgoed.

Suid Afrika se voorste volwasse residensiële landgoed van internasionale gehalte.

VRYWARING  |  TERME & VOORWAARDES |  KOPIEREG